Shilongo gee Amushelelo die ja-woord
Dit wil voorkom asof Michael Amushelelo uiteindelik sy optog teen jeugwerkloosheid op Onafhanklikheidsdag sal mag hou. Die polisie-hoof luitenant-generaal Joseph Shikongo het skriftelik toestemming gegun maar, Amushelelo is gewaarsku om dit vreedsaam te hou. Verlede jaar se poging tot ‘n optog het selfs in die hoërhof gedraai, in chaos ontaard en Amushelelo het op die einde sewe maande agter tralies gesit daarvoor. Amushelelo het ook ‘n hutsmerk by sy optog gevoeg… Boycott Independence Day.