MK lê amptelike klag oor kandidaatlys met Zuma boaan
Die uMkhonto we Sizwe-party sê sy regspan gaan ʼn amptelike klag by die Onafhanklike Verkiesingskommissie indien nadat sy kandidatelys uitgelek het. Dié party en die ANC se kandidatelyste is die naweek op sosiale media gedeel. Oudpresident Jacob Zuma is kandidaat nommer een op die MK-lys, gevolg deur Jabulani Khumalo, wat die party geregistreer het. uMkhonto we Sizwe sê hy beskou die uitlek as onaanvaarbaar, onprofessioneel en ʼn skending van die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting.