Ru-olie daal, maar dis beperk…
Brent ru-olie daal steeds en het vanoggend met die opening van handel verder teruggesak na ‘n laagtepunt van 81 Amerikaanse dollar en 35 sent ‘n vat. Daar is groot kommer oor die Chinese ekonomie wat net nie uit die blokke kom nie. Maar, analiste meen die daling sal beperk word deur kommer oor die kwesbare situasie in die Midde-Ooste sowel as Opul en sy vennote se volgehoue besnoeiings in produksie met ongeveer 2,2 miljoen vate daagliks.