Toerusting vir Gaza-hawe op pad
Die Amerikaanse weermag sê ʼn skip met die eerste toerusting om ʼn tydelike hawe in Gaza te bou om humanitêre hulp af te laai, is op pad na die Midde-Ooste. President Joe Biden het verlede week in sy Staatsrade aangekondig die weermag gaan begin om ʼn hawe te bou waar groot vragte noodsaaklike voedsel en mediese voorrade afgelaai kan word. Die hawe kan binne twee maande gebou en ten volle in gebruik wees. Die Verenigde Nasies waarsku hongersnood in die Gaza-strook is feitlik onvermydelik.