Napwu vra korrupsie-ondersoek teen NIP

Plaaslike media berig dat die land se vakbond vir staatswerkers, Napwu die Teenkorrupsie-kommissie gevra het om ondersoek in te stel na die besluit van die Namibiese Patalogiese Insituut om sy top-amptenare ‘n jaarlikse brandstof-toelaag van 20 000 Namibiese dollar te gee. Die Engelse dagblad The Namibian, sê Napwu se sekretaris-generaal Petrus Nevonga het in ‘n brief aan die kommissie aantygings van korrupsie gemaak en vra ook dat die instituut se bankrekenings noukeurig nagegaan word.