IVP stel verkiesingsmanifes bekend
Die leier van die Inkatha Vryheidsparty, Velenkosini Hlabisa, sê die algemene verkiesing op 29 Mei is die belangrikste sedert die begin van demokrasie. Die party het sy verkiesingsmanifes by Durban se Moses Mabhida-stadion bekend gestel. Hy sê die IVP se 13-punt-plan-manifes bied hoop en vernuwing vir almal. Hlabisa sê die land is op die punt om ‘n mislukte staat te word, en die IVP is gereed om ‘n beter toekoms vir alle Suid-Afrikaners te verseker: