Ghana finansminister waarksu oor LGBT-wet
Ghana se ministerie van Finansies het president Nana Akufo-Addo afgeraai om die omstrede wetsontwerp teen LGBT-regte goed te keur. Die departement waarsku dit kan daartoe lei dat die land 70 miljard Namibiese dollar aan Wêreldbankfondse verloor. Die wetsontwerp, wat onlangs deur wetgewers goedgekeur is, sal LGBT-regte beperk. In ’n vertroulike dokument word gewaarsku, die wetsontwerp sal Ghana se ekonomiese herstelpogings negatief raak. Die wetsontwerp wag op ‘n presidensiële besluit te midde van internasionale teenkanting en plaaslike politieke mening voor die verkiesing in Desember.