Boere onbeïndruk met toewysing as aangewese werkgewers
Boere word daaraan herinner dat produsente met 10 of meer werkers gesien word as aangewese werkgewers wat jaarliks verslag moet doen aan die arbeidsministerie, in lyn met die regstellende aksie-wet. Die Landbou-werkgewersvereniging het voorheen aangevoer dat die landbousektor reeds voorheen benadeelde persone in diens het en het kwytskelding by die ministerie aangevra. Geen werkgewers kry egter kwytskelding nie, hoogstens uitstel, want uiteindelik sal almal ’n regstellende aksie-sertifikaat moet kan toon. ‘n Verkorte vorm is goedgekeur wat jaarliks ingedien moet word. Danie van Vuuren van die Landbou-werkgewersvereniging het sy misnoë te kenne gegee.