Namibië wen eerste medalje by Afrika-spele

Namibië het sy eerste medalje by die Afrika-spele in Ghana gewen. Die swemmer Xander Skinner, wat in Amerika studeer, het ‘n silwer medalje in die 100 m-vryslag ingepalm. In nog Afrika-spele nuus, speel die Capricorn Eagles tans in hul laaste groep A wedstryd teen Tanzanië. Die Eagles is derde in Groep A na ‘n oorwinning oor Suid-Afrika en ‘n nederlaag teen Nigerië. Die uitslag van die wedstryd sal bepaal of hulle in die kwarteindrondte sal deelneem.