Namcor sê vinnige data bring groot vooruitsigte
Die Nasionale Petroleum Korporasie sê sy data was instrumenteel in die beduidende olie-ontdekkings wat deur Shell en TotalEnergies gemaak is.Namcor se tussentydse besturende direkteur, Ebson Uanguta, het gepraat tydens ‘n geleentheid wat gehou is om wyle president Hage Geingob by Namcor se hoofkantoor te herdenk.Uangula dink daar is goeie vooruitsigte, en dit is hoekom oliemaatskappye belangstelling toon. TotalEnergies, Shell, sowel as Chevron, Exxon Mobil asook ander oliemaatskappye toon glo belangstelling. Hy het bygevoeg dat Namcor se data baie van die vinnige ontdekkings gefasiliteer het.