Tweede Sesnasies-titel wink vir Ierland
Ierland kan ‘n tweede agtereenvolgende Grand Slam- en Sesnasies-titel inpalm as hulle Engeland op Twickenham met ‘n bonuspunt klop. Die Iere is tans bo-aan die punteleer met 15 punte, met twee wedstryde oor, gevolg deur Skotland met nege punte. Die Skotte is steeds op koers om vir die eerste keer in die tweede-plek te eindig in die kompetisie. Hulle pak Italië vandag in Rome. Die laaste wedstryd van die naweek vind in Cardiff plaas tussen Wallis en Frankryk.