Swapo vergader dringend

Swapo se sentrale komitee vergader om 9-uur vanoggend by die parlementsgeboue. Die vergadering is genoodsaak nadat ‘n vars leierskapwedloop binne die party ontstaan het. ‘n Herrie het losgebars nadat die politburo Netumbo Nandi-Ndaitwah se kandidaatskap vir president onderskryf het sonder dat die sentrale komitee daaroor besluit het. Volgens die party se grondwet, het hy 90 dae vandat die pos vakant geword het, in die geval, 4 Februarie met die afsterwe van Hage Geingob, om te vergader en die nuwe leierskap te verkies. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Ephraim Nekongo, die sekretaris van Swapo se jeugliga, wat ‘n oorsig gee van die vergadering se fokus-areas.