VN sê Israel moet Rafah uitlos
Die Verenigde Nasies se menseregtekantoor sê dat ‘n Israeliese offensief in Gaza se grensdorp Rafah nie toegelaat kan word om te gebeur nie, omdat dit massiewe verlies aan Palestynse lewens sal veroorsaak. Israeliese eerste minister Benjamin Netanyahu sê Israel sal voortgaan met sy offensief teen die Hamas-beweging wat Gaza bestuur, insluitend Rafah, wat hy beskryf het as “die laaste Hamas-vesting”, in weerwil van internasionale oproepe om sy militêre operasie te staak. Ongeveer 1,5 miljoen mense is na raming in Rafah ingeprop, op die mees suidelike rand van die enklawe teen die grens met Egipte. Die meeste van hulle het van verder noord gevlug om Israel se aanslag te ontsnap.