DA begin met regsuitdaging oor kernkrag
Die DA het vandag hofstukke beteken op die elektrisiteit-minister, Kgosientsho Ramokgopa, en die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika rakende die artikel 34-bepaling om 2 500 megawatt se nuwe kernkrag-opwekking aan te skaf. Die party voer aan die vasstelling-prosedure was prosesgewys onbillik, en het versuim om openbare kommentaar toe te laat oor die voorleggings waarop dit gegrond was. Kevin Mileham van die DA sê hulle sal dus probeer om dit tersyde te laat stel.