Vleilande se belangrikheid word herdenk

Die landbou-ministerie gaan tussen 12 en 14 Maart Wêreld-vleilandedag in Opuwo herdenk. Die dag is op 2 Februarie wêreldwyd gevier. Die tema vir Wêreld-vleilandedag 2024 was “Vleilande en menslike welstand.” Dit beklemtoon die verband tussen gesonde vleilande en die gesondheid van mense regoor die wêreld. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Simon Nghipandulwa, die landbou-ministerie se woordvoerder, wat sê die dag wil bewustheid oor die belangrikheid van vleilande verhoog.