Niegrië klop Capricorn Eagles met 55 lopies

Die Capricorn Eagles het vandag pak gekry in hul tweede T20 wedstryd by die Afrika Spele in Ghana. Nigerië het die Namibiërs met 55 lopies geklop. Nigerië het eerste gekolf en 111 vir 6 in 20 boulbeurte aangeteken. Die Eagles is toe vir net 56 lopies in 18,4 boulbeurte uitgeboender. Die Nigeriese bouler Usen Peace, wat as die speler van die wedstryd aangewys is, het drie paaltjies vir net 5 lopies in vier boulbeurte laat kantel. Die Eagles speel Sondag in hul laaste groep A wedstryd teen Tanzanië.