Rassie Erasmus gaan ’n eredoktorsgraad van die Noordwes-Universiteit ontvang.

Die Noordwes-Universiteit gaan ’n ere-doktorsgraad toeken aan die afrigter en Suid-Afrikaanse direkteur van rugby, Johan “Rassie” Erasmus, wat Suid-Afrika gehelp het om die Rugby Wêreldbeker twee keer agtereenvolgens te wen.

Die ere-graad gaan aan Erasmus toegeken word ter erkenning van sy innoverende en buitengewone bestuur van die Springbokke tydens hulle oorwinnings in die 2019 en 2023 IRB Wêreldbeker-toernooie, sy besondere posisie in die internasionale rugby-afrigtersarena, sy sterk dryfkrag en fokus op diversiteit en inklusiwiteit, en sy verbintenis tot maatskaplike verantwoordelikheid.

Foto: Verskaf