Rassie gaan ere-doktorsgraad kry

Rugby: Dubbele Wêreldbeker-wenner en die Springbokke se hoofafrigter, Rassie Erasmus, gaan ‘n eredoktorsgraad by die Noordwes-Universiteit ontvang. Die eregraad, in Afrigtingswetenskap, sal Erasmus vereer vir sy leierskap, innoverende afrigtingstrategieë en toewyding tot diversiteit, insluiting en maatskaplike verantwoordelikheid binne die rugbygemeenskap. Die eregraad gee erkenning aan Erasmus se deurslaggewende rol in die Springbokke se seëvierende 2019 en 2023 Wêreldbeker-veldtogte, en sy pogings in talentontwikkeling regoor nasionale rugby.ReplyReply allForward