NASA se netwerk van klein maan-voertuie is gereed om te rol

Die konstruksie en toetse van die “CADRE-rovers” is voltooi, sê NASA. Hulle sal die maan-oppervlak gesamentlik karteer en ook dien as ‘n tegnologiese demonstrasie om die belofte van multi-robot sendings ten toon te stel.

Die drie klein “Rovers” sal die maan in sinchronisasie met mekaar verken. Ingenieurs by NASA se Jet Propulsion Laboratory in Suid-Kalifornië het onlangs die robotte klaar aanmekaar gesit, waarna hulle aan ‘n reeks strawwe toetse onderwerp sal word om te verseker dat hulle die rowwe vuurpylrit na die ruimte en hul reise in die maan-omgewing sal kan oorleef.

Die doel hiervan is om te wys dat ‘n groep robot-ruimtetuie kan saamwerk om take uit te voer en data as ‘n span kan versamel sonder opdragte van sendingbeheerders op aarde. As die projek slaag, kan toekomstige ruimte-sendings spanne robotte insluit om gelyktydig wetenskaplike opmetings te doen. Die doel hiervan is dat die robotte ruimtevaarders sal ondersteun in hul werk.

Kyk na die video om te sien hoe die maan-voertuie getoets word.

Fotos & video verskaf: NASA & JPL