Biden poog om ondersteuners te paai met hulp aan Gaza

Die Amerikaanse president Joe Biden het herhaal Israel het ‘n fundamentele verantwoordelikheid om onskuldige burgerlikes in Gaza te beskerm. Hy het in sy die Staatsrede die Israel-Hamas-konflik toegelig, aborsie-regte verdedig en sy voorganger Donald Trump blameer vir die Kongres se onvermoë om meer hulp aan Oekraïne goed te keur. Biden sê hy het die Amerikaanse weermag opdrag gegee om ‘n tydelike hawe in Gaza te bou om meer humanitêre hulp aan die gebied ter see te verskaf: