Voedselhulp sien huishoudings vir tot 4 maande oor
Daar is klagtes uit die noordelike dele van die land oor voedselhulp wat as deel van die droogteverligting-program uitgedeel word. Daar is blykbaar nie genoeg nie en sommige huishoudings het in vier maande geen kospakkies ontvang nie. Die regering het die hulp aangekondig vanaf 1 Oktober verlede jaar tot Junie vanjaar. Dit opsigself wek kommer omdat daar bestaansboere is wat vanjaar geen oes sal inbring nie en dus ook nie kos in die tweede helfte van die jaar sal hê nie. Daar is klagtes van regoor die land dat aflewerings van voedsel wispelturig is en dat nie almal in nood hulp ontvang nie.