Horner sê genoeg is genoeg, fokus nou op wedrenne
Die hoof van die Red Bull Formule Een-span, Christian Horner, sê dit het tyd geword om ‘n einde te maak aan die omstredenheid wat hom omhul het en op wedrenne te fokus. Die 50-jarige is onlangs van alle skuld onthef na ‘n ondersoek oor ‘n klagte van beweerde onbehoorlike gedrag wat ‘n vroulike kollega teen hom ingedien het. Sy aanklaer is nou met volle betaling geskors. Horner sê dit was ‘n baie moeilike tyd vir hom en sy gesin: