Die betekenisvolle geskiedenis van rooi lipstiffie
In 1912, toe Amerikaanse vroue opgeruk het vir gelyke regte, insluitend die reg om te stem, het ‘suffragettes’ rooi lipstiffie gedra om uit te staan en aandag aan hul saak te bring.
Rooi lippe was gesien as die kenmerk van ‘n onafhanklike vrou, wat destyds as taamlik skandalig beskou was. Hierdie ondermynende optrede sou sensuur gebring het van mans en sommige vroue wat hierdie dames as moreel gebrekkig beskou het.
Stemregleiers Elizabeth Cady Stanton en Charlotte Perkins Gilman was lief vir hul rooi lipstiffie veral vir die vermoë om mans te intimideer, en al die vroue van die beweging het die gewaagde kleur aangeneem as ‘n teken van uittarting.
Die stigter van die skoonheidshandelsmerk, Elizabeth Arden, het gratis buisies helderrooi lipstiffie aan vroue langs die Fifth Avenue-suffragette-optog roete in New York City uitgedeel.
Dit is toe dat rooi lipstiffie ‘n simbool van vroue se bevryding en rebellie geword het. Vroue het rooi lipstiffie in die openbaar aangewend om mans te skok en hul onafhanklikheid te verklaar van die sosiale stratifikasies wat hulle beperk het.
Rooi lipkleur het internasionaal gewild geword namate vroueregtebewegings wêreldwyd versprei het.
Interessant genoeg is hierdie eenvoudige skoonheidsproduk gebruik en geminag as ’n feministiese taktiek om mans te “terroriseer”. Adolf Hitler het die bekende rooi lipstiffie gehaat. In Europa het rooi lippe ‘n teken van patriotisme geword.
Rooi lipstiffie as ‘n politieke stelling word steeds vandag gesien. In 2018 het Nicaraguaanse mans en vroue rooi lipstiffie gedra en foto’s van hulself op sosiale media gelaai om hul steun vir die vrylating van anti-regeringsbetogers te wys. In Chili het byna 10 000 vroue in 2019 met swart blinddoeke en rooi lippe die strate ingevaar om seksuele geweld in die land aan die kaak te stel.
Foto: Verskaf