Namibië verwerp eensydige VSA-sanksies teen Zim
Die Namibiese regering vra vir die onvoorwaardelike opheffing van alle ekonomiese sanksies teen Zimbabwe. Die Verenigde State van Amerika het Maandag sanksies teen Zimbabwe se president Emmerson Mnangagwa en ander regeringsamptenareingestel. In ‘n mediaverklaring deur Peya Mushelenga, minister van internasionale betrekkinge, sê die regering hy erken nie die eensydige dwangmaatreëls wat aangeneem is sonder die goedkeuring van die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad nie. Daarbenewens beskou die Namibiese regering die voortgesette instelling van ekonomiese sanksies as teenproduktief en dat dit Zimbabwe verhinder om sy geweldige ekonomiese potensiaal te verwesenlik.