Swede nou amptelik ‘n Navo-lid
Swede het twee jaar nadat hy aansoek gedoen het om by die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie aan te sluit, amptelik die 32ste lid van dié militêre alliansie geword. Die Sweedse eerste minister, Ulf Kristersson, het die toetredingsdokumente formeel aan die Amerikaanse Departement van Buitelandse Sake in Washington oorhandig. Dit is die laaste stap om die goedkeuring van alle Navo-lede te verkry. Swede se aansoek om by die alliansie aan te sluit, is aangespoor deur Rusland se inval in Oekraïne in Februarie 2022. Navo se sekretaris-generaal Jens Stoltenberg sê Swede se toetrede versterk die alliansie as geheel.