Vroue die wêreld oor in gevaar 

Vandag is Internasionale Vrouedag, ‘n dag om gesamentlik opnuut na geslagsgelykheid te kyk. Vanjaar se tema is Belê in Vroue: Versnel die Proses. Die Verenigde Nasies Vroue waarsku indien die huidige situasie voortduur sal meer as 342-miljoen vroue en meisies teen 2030 in uiterste armoede lewe. VN Vroue se uitvoerende direkteur, Sima Bahou sê as daar in vroue belê word, sal die oorgang na ‘n gesonder, veiliger en meer gelyke wêreld vir almal bespoedig word.