Horner se klaer geskors by Red Bull
Die Red Bull Formule Eenspan se beheermaatskappy het die vrou geskors wat sy spanbaas Christian Horner van onvanpaste gedrag beskuldig het. Dit volg nadat hy in ‘n onlangse interne ondersoek vrygespreek is. Horner het volgehou hy is onskuldig. Die vrou is blykbaar met volle betaling geskors, maar die maatskappy is nie bereid om die amptelike rede vir die besluit bekend te maak nie. Horner is op die oomblik in Saoedi-Arabië vir die naweek se tweede wedren van die seisoen in Jeddah.