Sjoe… Die Oscars haal uit en wys!
Oscar-genomineerdes sal items ontvang soos skoonheidsprodukte, rolprent-geïnspireerde sjokolade, fynproewer-springmielies, ‘n Rubik’s Cube en verblyf in ‘n luukse chalet in die Switserse Alpe. Elke bederfpakkie bevat omtrent 60 items ter waarde van meer as N$3 miljoen. Reuters berig maatskappye betaal om hulle produk in die pakkies te kry, in ruil vir moontlike onbetaalbare blootstelling aan akteurs op die A-lys. Die jaarlikse Oscar-seremonie vind Sondag in Los Angeles plaas, met Oppenheimer die gunsteling vir verskeie toekennings, ondermeer Beste Rolprent en Beste Regisseur.