Man City is in die wedloop
Manchester City is hierdie seisoen weer in die wedloop vir verskeie trofeë. Die Kampioeneliga-houers het Kopenhagen opsy gestoot om die kwarteindronde vir die sewende agtereenvolgende seisoen te haal. Hul fokus verskuif nou vinnig na die Premierliga, met alle oë op Anfield Sondag wanneer Liverpool die gasheer is vir City. Dit is ‘n stryd tussen die top twee op die punteleer en City se doelskieter, Erling Haaland, sê hulle sal op hul beste moet wees.