Rebebe is in die hospitaal

Die vermeende Opuwo-bankrower Nico Rebebe is blykbaar by sy meisie se huis op Opuwo gearresteer. Die polisie het hom Donderdagoggend vasgetrek. Die streeksbevelvoerder van Kunene kommissaris James Nderura het aan plaaslike media bevestig ‘n lid van die publiek het die polisie laat weet en die huis is deur die mag omsingel. Volgens wat berig word is Rebebe, wat in Angola weggekruip het, tans in die hospitaal. Hy is ‘n diabeet en het nie sy medikasie gedrink terwyl hy in Angola was nie. Die bank is op 13 Januarie van ongeveer 2 miljoen Namibiese dollar beroof.