Almal moet weer registreer vir November se stemdag

Alle kwalifiserende Namibiërs sal weer moet registreer om te kan stem in die presidensiële en nasionale verkiesings wat vir November beplan word. Die Verkiesingskommissie van Namibië het aangekondig dat die kieserskaarte wat in 2014 uitgereik is nie meer geldig is nie en nie by die November-stembusse aanvaar sal word nie. Vanjaar se verkiesing sal gewone stembriewe gebruik en nie elektroniese stemmasjiene nie. Die kommissie se voorsitter, dr. Elsie Nghikembua, doen ‘n beroep op alle stemgeregtigde Namibiërs om as kiesers te registreer om hul deelname aan die komende verkiesings te verseker.