Tshwane geldbaas lê klagte om korrupsie te ontbloot

Die Stad Tshwane gaan interne ondersoeke van stapel stuur na korrupte amptenare. Die burgemeesterskomiteelid vir Finansies, Jacqui Uys, het die aankondiging voor die Lyttleton-polisiestasie gemaak. Uys het ‘n strafregtelike saak teen die Lyttleton Winkelsentrum se eienaars aanhangig gemaak, vir peutery en die onwettige herkoppeling van krag. Sy sê die ondersoeke is om korrupsie onder die stad se amptenare hok te slaan.