Massamoord in Ottawa, motief onbekend

Ses mense, insluitend vier kinders, is laat Woensdag in die Kanadese hoofstad, Ottawa, vermoor. Die polisie het vinnig ‘n man in hegtenis geneem en sê die sterftes blyk nie met huishoudelike- of geslagsgeweld verband te hou nie. Die slagoffers is in ‘n huis in die suidwestelike woonbuurt Barrhaven gevind en is nie geïdentifiseer nie. Hulle het nie gesê hoe die slagoffers gesterf het nie. Massamoorde is uiters skaars in Kanada.