Verwyder alle vuurwapens uit samelewing: Azapo
Die Azanian People’s Organisation sê as Suid-Afrika misdaad ‘n ernstige knou wil toedien, behoort alle vuurwapens uit die samelewing verwyder te word. Dit beteken net die land se sekerheidsmagte sal toegelaat word om vuurwapens te dra. Meer as 20 000 mense word elke jaar vermoor, met net 10 persent van die moorde wat opgelos word. Azapo-woordvoerder, Jabu Rakwena, sê daar is oorweldigende bewyse dat geweld in die land verband hou met die gemak waarmee gewone mense toegang het tot dodelike wapens.