Israeliese tenkspan het Reuters-verslaggewer gedood: verslag

’n Israeliese tenkspan het in Oktober verlede jaar ’n Reuters-verslaggewer in Libanon doodgemaak deur twee artillerie-rondtes op ’n duidelik geïdentifiseerde groep joernaliste te skiet, volgens ‘n verslag oor die voorval. Die tenkspan het toe “waarskynlik” met ’n swaar masjiengeweer op hulle losgebrand. Die aanval het 1 minuut en 45 sekondes geduur, sê die verslag. Die eerste artillerie-rondte het Issam Abdallah doodgemaak en Agence France-Presse se fotograaf Christina Assi ernstig gewond. Die verslag is opgestel deur die Nederlandse Organisasie vir Toegepaste Wetenskaplike Navorsing, wat deur Reuters gekontrakteer is om bewyse te ontleed van die aanval op 13 Oktober wat Abdallah doodgemaak het. Die Israelse Weermag sê hulle werk aan ‘n antwoord op vrae van Reuters oor die voorval.