GOOD beskuldig die DA van politieke skynheiligheid

Die GOOD party in die Wes-Kaap sê die DA se besluit om die onlangs afgedankte burgemeester van die Drakenstein Munisipaliteit, Conrad Poole, na die provinsiale wetgewer te herontplooi, is ‘n klap in die gesig vir mense van die provinsie. Die party sê die DA het duidelik geen probleem met politieke kaders wat betrokke is by korrupsie-bewerings nie, en behoort hulle eintlik aanspreeklik te hou. Keagen Gertse van die GOOD party sê die DA kritiseer juis die ANC omdat hy sulke dinge doen.