Joslin Smith se ma, haar vriend aangekla
Die Wes-Kaapse LUR vir Gesondheid en Welstand, Nomafrench Mbombo, het bevestig Joslin Smith se minderjarige sibbe is veilig by familie. Dit volg nadat Joslin se ma, Kelly, en haar kêrel, Jacquin “Boeta” Appollis, saam met twee ander vir haar verdwyning aangehou word. Die beskuldigdes het in die landdroshof in Vredenburg verskyn op aanklagte van mensehandel en ontvoering.