See-boerdery kry hupstoot, maar …

Die see-boerdery sektor het ‘n groot hupstoot gekry. Die omgewingsministerie het ‘n sektorwye klaring vir Lüderitz, Walvisbaai en Swakopmund uitgereik, na afloop van ‘n omgewings- en maatskaplike impakbeoordeling. Die klaring dek alle goedgekeurde kleinskaalse boere in die gebiede en is vir drie jaar geldig. Die inisiatief is deur die Benguela Current Convention en die Namibiese Kamer van Omgewing gefinansier. Dit beteken die boere hoef nie individueel vir klarings aansoek te doen nie, wat hulle baie tyd en honderde duisende Namibiese dollar elk spaar. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Naude Dreyer, die mariene bioloog van Ocean Conservation Namibia, wat sê die sektor het geweldige potensiaal, maar dit moet goed dopgehou word om te verseker dat daar nie skade aangerig word wat groter sal wees as die voordele nie.