Owerhede in Thailand lê beslag op lewende diere in tasse

Thaise doeanebeamptes het ‘n rooi panda, slange, ape en verkleurmannetjies in bagasie by die land se hooflughawe gevind en ses Indiese burgers vir poging tot smokkel in hegtenis geneem. Altesaam 87 reptiele en soogdiere is in die bagasie gevind, insluitend ‘n grootbek-papegaai, rooioog-eekhorings, vlermuise en apies. Sommige diere was in papier toegedraai, ander is in plastiekhouers gehou. Die ses verdagtes was op pad na Mumbai, in Indië. Thailand, wat aan vier lande grens, het baie gevalle wildhandel. Daar is ‘n groot aanvraag na diereprodukte in lande insluitend China, Myanmar en ook Thailand, waar dit in tradisionele medisyne gebruik word.