The World is nie net ’n seiljag nie, maar ook ’n lewenswyse.
Veral vir diegene wat die wêreld wil sien sonder om oor huiskoop op land bekommerd te wees.
Die massiewe MS The World-seiljag is vanaf Maandag in Mosselbaai se hawe.
The World het 165 wooneenhede en het ongeveer 200 inwoners aan boord.
Die seiljag het in 2002 die eerste keer gevaar. In 2024 word beplan om ses vastelande te besoek. Daar is inwoners wat permanent op die skip woon.
Met ’n grootte van 196 meter wyd, is die seiljag groot genoeg om restaurante, gholfbane, ‘n gimnasium, biblioteek, tennisbane en ander ontspanningsfasiliteite te huisves.
Inwoners kan slegs ’n wooneenheid koop as hulle deur iemand wat reeds op die seiljag woon, genomineer word.
Foto: Verskaf