Nico Rebebe op Opuwo gearresteer
Nico Rebebe, wat blykbaar rondom 2 miljoen Namibiese dollar by Bank Windhoek op Opuwo gesteel het, is vanoggend deur die Namibiese polisie op Opuwo gearresteer. Kosmos 94.1 Nuus het die nuus met die streeksbevelvoerder van Kunene, kommissaris James Nderura, bevestig. Dit is nog nie duidelik wanneer hy in die hof sal verskyn nie omdat die mag steeds besig is om besonderhede te finaliseer. Rebebe het bekendheid gewerf toe hy op 13 Januarie vanjaar, as werknemer by die bank, gepoog het om 200 miljoen dollar te steel.