Beurtkrag daal met 61 persent teenoor 2023

Die direkteur-generaal in die Presidensie, Phindile Baleni, sê die regering en ondernemings het saamgewerk om drie belangrike ekonomiese uitdagings aan te pak, met die fokus op energie, vervoer en logistiek, sowel as misdaad en korrupsie. Hulle het ‘n vennootskap aangegaan om aandag te skenk aan ekonomiese uitdagings wat deurslaggewend is vir groei. Baleni het ‘n vorderingsverslag voorgelê en ‘n vermindering van 61-persent in beurtkrag aangeteken in vergelyking met verlede jaar, danksy alternatiewe energiebronne soos dak-sonkrag. Sy verklaar die vennootskap, wat nege-maande gelede begin is, begin uitslae lewer: