Hernubare krag-projek vir vasteland
‘n Inisiatief van die Wêreldbank, Distributed Access through Renewable Energy Scale-up, het elektrifisering ten doel vir miljoene mense, plase, besighede, skole en klinieke in Afrika en wêreldwyd teen 2030. Die hoof- energiespesialis van die Wêreldbank, Raihan Elahi, beklemtoon die belangrikheid van verspreide hernubare energie ten einde teen 2030 universele toegang tot energie te bereik. Elahi het gepraat op die Afrika-energie-indaba in Kaapstad en gesê verspreide hernubare energie, wat fokus op mini-netwerke en alleenstaande sonkrag, kan tot die voordeel wees van 50-persent van die mense in Afrika wat nie elektrisiteit het nie.