Veldkos dalk die probleem in Ndiyona
Iets is fout in die Ndiyona-kiesafdeling en die raadslid Laurentius Mukoya vra ‘n dringende ondersoek. Daar is volgens wat berig word, reeds 24 mense in die gebied dood aan voedselvergiftiging. Die jongste insident het op 27 Februarie voorgekom met vier familielede wat dood is. Volgens die polisie, het al die slagoffers tradisionele kossoorte geëet wat moontlik giftig was en dat daar gewag word op die pataloog se verslag om te bepaal wat gebeur het. Mukoya sê daar is gerugte dat dit moontlik voedselhulp van die regering is maar, hy meen dan sou baie meer mense siek geword het. Ander kommentaar sluit in dat mense met voedseltekorte veldkos bymekaar maak en dit kan giftig wees.