Marais Erasmus het môre sy swanesang
Die tweede en finale toets tussen Nieu-Seeland en Australië wat môre in Christchurch begin sal die gerespekteerde Suid-Afrikaanse skeidsregter Marais Erasmus se swanesang wees. Hy het onlangs aangekondig hy gaan uittree ‘n uitstaande loopbaan waartydens hy 80 toetse, 124 eendag-internasionale wedstryde en 61 internasionale T20’s hanteer het. Erasmus het in Februarie 2006 sy debuut gemaak in ‘n T20 tussen die Proteas en Australië op die Wanderers. Hy sê hy sal die voordele en reise mis, maar sien uit na ‘n verveliger lewe.