Venaani praat oor vissermanne wat ware slagoffers van Fishrot was
Die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing sal vanaand die gasheer wees vir die bekendstelling van ‘n publikasie met die titel ‘We Are The Ones That Suffered The Most’: The Human Rights Impacts of the Fishrot Corruption Scandal on Fisheries Workers. Kosmos 94.1 Nuus het met president van die PDM, McHenry Venaani, gepraat oor hoekom hierdie bekendstelling belangrik is, veral vir die vissermanne. Venaani het hom destyds by die meer as ‘n duisend vissermanne geskaar wat hul werk verloor het as ‘n direkte gevolg van die Fishrot-korrupsie.