NamWater sê oor Berg Aukas
Boere teen die Berg Aukas-kanaal slaag seker ‘n sug van verligting, nadat hulle lank geen water uit die kanaal gekry het nie weens ‘n stukkende pomp. Die Omatakodam in die sentrale gebied wat Windhoek, Okahandja en meer insluit maak egter ook staat op die kanaal, en is leeg. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Abraham Nehemia, uitvoerende hoof van NamWater, wat sê die probleem is opgelos. Hulle het twee nuwe pompe wat van Duitsland bestel is ontvang en geïnstalleer.
NamWater het ook tenders geadverteer vir die boor en toetspomp van agt produksieboorgate en vier moniteringsboorgate by die Berg Aukas-watervoorsieningskema. Nehemia sê die bykomende boorgate sal meer water na die Omatakodam en Von Bach afvoer, om te help met die waternood in die sentrale gebied.