Aanvalle, moorde op SA spaza-winkeleienaars wek kommer
Die leier van die African Transformation Movement, Vuyo Zungula, het aan die minister van Polisie, Bheki Cele, geskryf oor ‘n reeks gekoördineerde aanvalle en moorde op swart Suid-Afrikaanse spaza-winkeleienaars en gemeenskapsleiers in townships. Die party sê daar was al talle berigte oor Suid-Afrikaners wat geïntimideer word deur buitelandse burgers wat die eienaarskap van Spaza-winkels wil monopoliseer. Volgens ATM-woordvoerder, Zama Ntshona, is gemeenskapsleiers in Ratanda in Heidelberg, Gauteng onlangs aangeval en vermoor.