Vyf verdagtes in AKA- en Tibz-moord weer in hof

Vyf mans wat beskuldig word van die moord op Kiernan “AKA” Forbes en Tebello “Tibz” Motsoane, het vandag vir die tweede keer in die Durbanse Landdroshof verskyn. Die mans staan tereg op aanklagte van onder meer moord, sameswering om moord te pleeg en die onwettige besit van vuurwapens. Die Nasionale Vervolgingsgesag in KwaZulu-Natal se woordvoerder, Natasha Ramkisson-Kara, sê die staat het ook aanklagte van geldwassery bygevoeg.