Capricorn Eagles reg vir Afrika-beker aksie

Namibië se nasionale vroue-krieketspan, die Capricorn Eagles, berei voor om môre op die eerste dag van die Afrika-spele in Ghana, hul eerste wedstryd te speel. Dit is ook die eerste keer dat krieket sy buiging by die spele maak. Die Eagles is in Groep A saam met Suid-Afrika, Tanzanië en Nigerië. Groep B bestaan uit Zimbabwe, Rwanda, Kenia en Oeganda. Hulle verwag stywe teenstand, aangesien die kompetisie ook die T20-internasionale rang-orde sal beïnvloed. Die Eagles is tans 17de op die ranglys. Hulle kom môre om half-twaalf die oggend teen Suid-Afrika te staan, en Vrydag sal hulle kragte meet met Nigerië.